Soek Funksie


Druk Formaat

Print this page



South Africa's Top Sites

Wie is ons

Die Plaaswerf (die webwerf http://www.boerevryheid.co.za) is 'n bymekaarkomplek vir lede van die Boerevolk - met die doel om die Volk te verenig om sodoende ons onafhanklikheid te verkry.

Een van die vereistes om in die oe van die internasionale gemeenskap as 'n volk erken te word, is dat die volk wat dit eis, bewese steun moet kan toon.
Met hierdie doel (onafhanklikheid van die Boerevolk) is die Boerevolk Vryheidstigting (BVS) in 2005 gestig.

Die Boerevolk Vryheidstigting het ten doel om fondse te bekom, en om die fondse aan te wend in die vorm van aksies, organisasies en planne wat sal lei na die onafhanklikheid van die Boerevolk.

Die Plaaswerf is net een van daardie aksies.
'n Woord van waarskuwing: Op hierdie geselsforums is daar 'n wye verskeidenheid van geloofsoortuigings verteenwoordig. Vir diegene wat sukkel om ander se geloofoortuigings te eerbiedig, of nie ander lede vryheid van opinie/oortuiging gun nie, sal die geselsforums 'n redelike uitdaging wees.

Die voertuig wat gekies is om die volk bymekaar te maak is 'n struktuur wat bekend staan as "Wa-Laers". Die idee is dat lede aansluit by 'n plaaslike ondersteuningsgroep, genoem 'n wa-laer (bestaande uit 8 tot 15 lede). Uit hierdie wa-laer word 'n leier en onderleier verkies. Wanneer 'n wa-laer tot meer as 15 lede groei, verdeel die laer in twee (en 'n leier en onderleier word verkies vir die nuwe laer).

Die onderskeie wa-laers (die leiers) in 'n geografiese area kies dan onder hulle 'n trek-leier (een trek-leier vir elke agt wa-laers). Die onder-leier van die wa-laer waaruit die trek-leier gekies is, neem dan die leierskap van die wa-laer oor en 'n nuwe onderleier word gekies. Uit die trek-leiers word kommandante verkies, en uit die kommandante word hoofkommandante gekies. Hoofkommandante word outomaties deel van die Boerevolk Verteenwoordigende Raad (die BVR).

Die verskillende strukture: BVS, BVR, Plaaswerf en die onderskeie komitees en aksie-groepe word in meer detail verduidelik onder die "Belangrike Dokumente" skakel.

Bladsy opgedateer 17 Junie 2007