Soek Funksie


Druk Formaat

Print this page



South Africa's Top Sites

Kultuur

05/12/2007
Kategorie: Kultuur
Gepos deur: Webmaster
Die grootste vlag ter wêreld staan op die punt om ontplooi te word.
Wees deel van hierdie geskiedkundige dag want dit is ieder en elk van die Boerevolk se trots!

Die Reuse Vierkleur word 8 Desember 2007 geopen by Die Willem Prinsloo Landbou Museum, te Pretoria. Maak hierdie dag vas, word getel en laat ons hierdie dag opdra aan die Enig Lewende God van ons Volk. Laat ons vir die Vader op hierdie dag vertel dat ons Sy Volk is en dat ons Sy Aangesig soek. 'n Boer kan nie van sy God geskei word nie, dit staan vas. Die vlam sal weer brand in ieder en elk se harte.


05/11/2007
Kategorie: Kultuur
Gepos deur: Webmaster

Volksgenote - hierdie dag - 24 Nov 2007 - gaan ook een van die belangsrikste dae in ons volk se geskiedenis wees. Verootmoediging voor ons Almagtige Vader as Volk moet nou 'n dringndheid by ons elkeen wees en ons as volk moet tot die besef kom dat dit iets is wat ons sal moet doen voordat ons werklik genade van ons Vader gaan ontvang.

Loer hier vir verdere inligting:

http://www.boerevryheid.co.za/forum/showthread.php?t=10320



25/07/2007
Kategorie: Kultuur
Gepos deur: Webmaster
Ek het die volgende skrywe (onder die lyn),van die Voortrekkermonument ontvang:
Ook van die Boerevolk Vryheidstigting (BVS) se kant word ons meegevoel betuig teenoor die familie.

Kmdt Andries Pretorius


24/07/2007
Kategorie: Kultuur
Gepos deur: Webmaster
Kyk na die aksie soos deur die Raportryers geloods.
lewer asb u kommentaar op die draad wat daarvoor geskep gaan word (onderaan die skrywe) Groetnis van laer tot laer,
Andries


19/07/2007
Kategorie: Kultuur
Gepos deur: Webmaster
Aangesien die Godsdienslaers tans nie toeganklik is nie, kan die Franshoek deklarasie voorlopig onder die Kultuur laer resorteer. Dis van soveel belang dat almal dit moet lees(al lyk dit lank)!!! Indien die Bestuur dink ons moet dit liewer afhaal omdat dit oor Godsdiens gaan, sal ek verstaan.
Boeregroete van Laer tot Laer, Andries


12/06/2007
Kategorie: Kultuur
Gepos deur: Webmaster
Ontvang van Hendrik Eksteen:
Stof tot nadenke.

Hendrik Eksteen
ARPP Senior Mechanical Engineer
PBMR Process Fuel Plant


11/06/2007
Kategorie: Kultuur
Gepos deur: Webmaster
KONSENTRASIE KAMP GEDENKDAG
Aangebied deur die Boerekommando en Boere Kampeer Beweging


08/06/2007
Kategorie: Kultuur
Gepos deur: Webmaster
NOORD TRANSVAAL BRAAI
Alle persone van Pretoria en Noord van Pretoria word uitgenooi na ’n Braaivleis in die Bosveld.


28/05/2007
Kategorie: Kultuur
Gepos deur: Webmaster
Wanneer die weerstand weerspieel word in die kunste, is die einde vir n regime in sig. Hierdie album , deur verskeie kunstenaars, het so pas verskyn. Alhoewel ek dit nie self geluister het nie, Plaas ek die besonderhede graag hier. Diegene wat dit geluister het, moet asseblief kom kommentaar lewer. Dis net interressant dat die BVS tydens die Vroue optog in 2005, die slagspreuk begin het: GENOEG IS GENOEG!!


21/05/2007
Kategorie: Kultuur
Gepos deur: Webmaster
Volksgenote, Kyk na hierdie besondere werk en aanbod. Ons dank aan prof andries Raath vir die reuse en monumentale werk wat hy tot stand gebring het. Indien u met hom wil skakel om die boek te bestel, kontak hom per vonkpos soos onderaan geplaas. Besonderhede insake die geleentheid in Augustus, volg ook. Ek neem aan dat hy aan u verdere besonderhede kan verskaf indien u hom kontak. Boeregroete, Kmdt. Andries Pretorius